Hoekom nie werkskaarte nie?

Die vraag wat ek verseker die heel gereeldste moet antwoord is :  “Nou hoekom is werkskaarte dan níe geskik vir ons kleuters nie?”  (En die vele variasies op hierdie vraag.)

81TUfOtm3dL._SL1500_Die antwoord kan opgesom word in een sin : Want werkskaarte, wat hoofsaaklik fyn motories is, móét voorafgegaan word deur groot motoriese en konkrete aksies.

Dis nie nét geldig vir werkskaarte nie, dis geldig vir enige papierwerk.  Die inkleur, die teken, die verf…al hierdie aktiwiteite is in hoofsaak fyn motoriese bewegings.

Kom ons kyk wat sê CAPS hieroor (aanhaling uit die Graad R wiskunde CAPS dokument):

By die verkryging van ontluikende wiskunde en verwante wiskundige begrippe behoort die onderrigpraktyke waar kinders deur drie stadiums van leer beweeg, nagekom te word.

Die drie stadiums is die volgende:

  • die kinestetiese stadium ( begrippe word deur die lyf en sintuie ervaar)
  • die konkrete stadium (3-D), die gebruik van ‘n verskeidenheid voorwerpe soos blokkies, proppe, stokkies en ander voorwerpe in die omgewing;
  • geskrewe voorstellings (semi-konkrete voorstellings deur die gebruik van tekeninge, paskaarte, ensovoorts)

Hieruit is dit baie duidelik dat werkskaarte nie die fokus van leer in graad R (of voor dit) kan vorm nie.

Kinders in die voorskoolse fase (en eintlik die hele grondslagfase) se fokus is perseptueledownload (3) ontwikkeling.  Dis sluit in (maar is nie beperk tot) visuele persepsie, ouditiewe persepsie, reuk persepsie, smaak persepsie, tas persepsie, liggaamsbewustheid, ruimtelike bewustheid, lateraliteit en temporaliteit.  Dit sluit in alle groot motoriese aktiwiteite en alle fyn motoriese aktiwiteite.

Deur na die lys te kyk met die perseptuele vaardighede – wat belangrik en noodsaaklik vir elke kind se ontwikkeling is – kom die prentjie helder en duidelik na vore.  Werkskaarte is eenvoudig nie divers genoeg om aan die behoeftes van die ontwikkelende kind te voldoen nie.

Ek gaan dit probeer verduidelik aan die hand van die volgende voorbeeld :  Voordat jy wegtrek in jou kar is daar so paar goed wat eers moet gebeur.  Jy kry die sleutel, stap na die kar, sluit oop, maak die deur oop, klim in, maak die deur toe, maak jou veiligheidsgordel vas, nou eers kan jy die voertuig aanskakel…  Om die voertuig aan te skakel is verseker nie stap 1 nie.  Dis die heel laaste stap in ‘n hele ry opeenvolgende stappe.  Baie van die eerste stappe blyk of dit niks met kar ry uit te waai het nie.  Dit maak dit nie minder relevant tot die aksie van kar bestuur nie.

Dit is ook so met die opbou tot by geskrewe (fyn motoriese werk).  Dis die laaste stap in ‘n hele proses.

In hierdie week lees ek die volgende vraag raak : “Hoe gaan die kinders in graad 1 kan inkleur as hulle dit nie geoefen het in graad R nie.”  Die antwoord is eenvoudig.  Inkleur is die laaste stap in ‘n hele reeks vooraf gebeure.

midline-crossing-fbDie kind leer van lyne, die kind kry sterk middellyf spiere en oefen skouerspiere om mooi regop te kan sit, die kind leer van kleure, die kind oefen met wasgoedpennetjies (en hope ander konkrete apparaat) vir sterk fyn spiere, die kind se ogies kry baie oefening om mooi te kan fokus en van links na regs te kan beweeg, daar vind baie midlynkruis oefening plaas, die kind leer waar is links en regs en bo en onder en so gaan die lys aan en aan ….

Wanneer jy dan ‘n prentjie voor so ‘n kind neersit gaan inkleur waarskynlik vanself volg.  Dit sal moontlik eenmaal nodig wees om te verduidelik waaroor inkleur gaan en woeps spring al die voorbereiding (die kinestetiese en konkrete belewenisse) in plek en die kind kan inkleur.

Moet jy dus alle papierwerk weggooi?  Nee.  Maar werkskaarte en enige ander papierwerk moet die heel kleinste gedeelte uitmaak van dít waarmee jou kind in die voorskoolse jare besig is.

Hoekom?  Ek herinner julle weer aan die heel belangrikste sin in hierdie hele artikel. Werkskaarte, en ander papierwerk, is hoofsaaklik fyn motoriese aktiwiteite en móét voorafgegaan word deur groot motoriese en konkrete belewing.

Advertisements

Wen-idees vir wikkel-lyfies

Ons kleuters (eintlik die hele ouderdomsgroep tot en met 9 jaar) leer die heel beste wanneer hulle hele lywe saam wikkel en werk.  Tot en met 9?  Sjoe, vrou, is jy seker?  Ja, ek is inderdaad doodseker.  Lees hier wat sê ons eie beleidsdokument, CAPS, oor die hele grondslagfase :  “All Foundation Phase learners, but Grade R learners in particular, should not be stuck in chairs behind desks all morning. They rather need comfortable spaces with blankets and cushions and workspaces with chairs and tables in which they can play, work and move around freely.”

Mamma, juffrou, dis duidelik dat ons hele grondslagfase maats moet BEWEEG.  Hulle moet gemaklik en ontspanne wees sodat leer ‘n geleentheid is vol pret, en nie ‘n plig waarvan hulle probeer wegskram nie.

Hier is so ‘n paar lekker idees en gedagtes wat julle hierdie week kan gebruik in jou huis of klas.  Pas gerus aan om by julle behoeftes en omgewing te pas en stuur asb fotos!

Klei speel 2

Klei speel :

Moet onder geen omstandighede dink dat klei net geskik is vir die voorskoolse kind nie.  Kyk nou net na hierdie interessante artikel wat so vinnig gesels oor die gebruik van klei by studente wat disleksies is :  https://www.dyslexia.com/davis-difference/about-davis/inside-the-davis-program/beating-dyslexia-with-clay/

Buiten die wonderlike gebruik van klei in kinders wat disleksies is, is klei ook terapeuties.  In my eie sentrum (waar ouers gedeeltes van hulle skoolweek saam met hulle kinders bywoon), sien ek gereeld hoe mamma net so heerlik saam klei speel.  Die geselsies is spontaan wanneer die klei so gerol word en ons hande besig bly daarmee.

Boonop is dit fantasties vir stres verligting en oefen dit sommer die fyn spiere en die hande.

Hier is nog ‘n artikel wat klei speel noem vir volwassenes :  https://www.huffingtonpost.com/ruchika-behal/games-adults-should-play_b_9249420.html

Klei word selfs in die terapie kamer gebruik :  https://www.psychologytoday.com/us/blog/arts-and-health/201707/clay-art-therapy-and-depression

Hier is my eie klei resep :

3 koppies meel

1 koppie sout

2 teelepels kremetart

warm water

Meng goed saam en kleur.

Hier is nog klei idees : https://www.familyeducation.com/fun/playdough/play-doh-recipes

Blokspel.png

Blokspel :

Klein blokke, groot blokke, hout blokke, plastiese blokke, leë kartonhouers, leë plastiese houers, proppies, geverfde blokke, natuurlike blokke… die opsies is sonder einde.  Wiskunde begin by vorms en patrone.  Daar is geen beter manier om hierdie patrone en vorms baas te raak as deur blokspel nie.  Kyk net hierdie fantastiese artikel oor blokspel en die kind se ontwikkeling :

https://www.naeyc.org/resources/pubs/yc/mar2015/ten-things-children-learn-block-play

Wanneer die kind ouer raak is lego speel verseker ‘n gunsteling.  Probeer ook 3D legkaarte aanpak.  Níe net leer jou kind besonderse vaardighede nie, dit skep ook ‘n wonderlike gespreksgeleentheid met jou kind.

Maak seker dat jou klas/huis genoeg blokke het.  Al het julle slegs toegang tot leë kartonbokse!  Maar moet nooit ophou blokke bou nie.

maxresdefault

Rygwerk :

Krale, sade, macaroni, plastiese krale, hout krale, knope … enige iets met ‘n gat of gate kan geryg word met ‘n veter.  Hierdie oefening is fantasties vir die vingertjies en goeie hand-oog koördinasie ontwikkeling.  Hier is ‘n vinnige blog artikel wat die belangrikheid hiervan beklemtoon :  http://www.worldofmoms.com/articles/stringing-beads-with-your-toddler/3847/2

Soos ons maats ouer raak, raak die krale al kleiner (en duurder!) en die vaardigheid daarmee saam al hoe moeiliker.

Lees hier wat sê ‘n arbeidsterapeut oor die waarde van rygwerk :  http://www.beadingbuds.com/developmental-benefits-of-beading-for-children.html

 

Ek hoop julle het waarde geput uit hierdie 3 basiese idees.  Gebruik dit hierdie week (in enige variasie) in jou klas of huis.  Onthou om deurentyd met jou kind te praat!  Daar is verseker geen beter belegging nie.

 

Somme sonder boeke

Wakker Akkers.png

Jou kind se eerste bladskud met wiskunde is reeds in jou baarmoeder.  Daar waar jou hart ritmies doef-doef klop.  As jy haastig is, is dit ‘n vinnige doef.  As jy rustig is, dan is die ritmiese klank stadig en egalig.  Jou voetstappe se geluide wat vibreer deur jou lyf is nog ‘n patroon wat jou ongebore baba beleef.  Elke tree ‘n patroon, elke tree ‘n ritme.  Wiskunde is patrone.  As ek een het en ek sit nog een by is dit twee, sit nog een by is dit drie, sit nog een by is dit vier.  Aan die onderpunt van die wiskunde boom is patrone.

Wiskunde het ook ‘n taal. Voor, na, groter as, kleiner as, minder, meer ens.  Terwyl baba klein is (bitter klein) begin ons hom/haar reeds hieraan blootstel.  Mamma sê dalk : “Kyk net hierdie perfekte vingertjies.  Vyf.  Vyf vingertjies aan die kant en vyf aan daardie kant.” Of : Nou gaan ons op die bed lê, dis lallies tyd.  Of :  Peekaboo, daar loer jy agter die lappie uit.  Of :  Kyk hoe hard probeer my pragtige baba rol.  Om en om rol sussa.  Eers op die maag, dan op die rug.  Kyk sus, jou ruggie is agter, voel hier.  Jou magie is voor, voel hier.  Dit, liewe ouer, is wiskunde.

Hierdie wiskunde kom natuurlik en ons dink nie tweekeer daaroor nie. Nog nooit het 2017-08-22 10.11.15ons eens oorweeg om vir ons 1 jarige ‘n werkskaart te gee nie.  Nee, ons rol ons oë net aan die blote gedagte aan so belaglikheid.

En tog…

Ek lees en sien daagliks werkskaarte en ander geskrewe wiskunde vir kinders so jonk as 3.  Huh?  Hoe dan nou?  Wat het gebeur tussen 1 en 3 dat jou kleinding nou ewe skielik gereed is vir werkskaarte.  Selfs net sit en werk doen is onding wat sy kop uitsteek in kleuteronderrig.  Kleuters moet die wêreld met hulle hele lyfies beleef en ervaar.  Kleuters wil kan wikkel en woel.  Kleuters wil daaraan kan vat.  Dís hoe hulle leer, en dis hoe hulle sin maak van die wêreld om hulle.

2017-08-22 10.08.54Wanneer ons kleuters in stilsit en leer forseer bly perseptuele ontwikkeling agter en ly groot motoriese vaardighede skade.  Moet dan nie in graad 3 wonder hoekom Janneman soos ‘n krap krabbel terwyl hy windskeef aan sy stoel vasklou nie.  Janneman se sg. “core” of middelste spiere is nie behoorlik ontwikkel nie.  Boonop is Janneman se perseptuele ontwikkeling agterweë gelaat so links en regs is relatiewe begrippe vir die arme ou en hy is steeds nie seker presies waar jy begin as jy letters of syfers skryf nie.  Sukkel sukkel maak hy sy hemp se knopies vas en sy skoenveters lyk soos ‘n mossienes elke oggend.

Wiskunde is ook nie Janneman se vriend nie.  Hy het nie getalbegrip ontwikkel in sy grondslagfase jare nie en vandag is hy steeds nie seker of 3 groter of kleiner is as 4 nie.  Vorms is ook ‘n probleem.  Ja, plat vorms is nog een ding, maar nou moet hy kegels en sfere begin teken en hy kan eenvoudig nie onthou watter lyntjie waar moet kom nie.

Nou moet Janneman allerhande ingrypings en remidiëring deurleef om die DSC_0621tekortkominge te herstel.  Terwyl die antwoord (in baie gevalle, nie altyd nie) in die kleuterjare lê.  Speel, speel en nog speel. Blokke ou, krale ryg, gesprekke met volwassenes, sensoriese spel, kreatiewe spel… die lys gaan aan en aan.

images (3)Kleuters leer die heel beste in ‘n ontspanne omgewing waar groot motoriese en konkrete maniere gebruik word om alle uitkomste te bereik.  Hierdie groot motoriese leer moet die basies (en stap 1 wees) voordat enige geskrewe werk van enige aard aangepak word.  Moenie in die slaggat trap nie!  Moenie swig voor die (maklik bekombare) pragtige helderkleurige geskrewe werkies vir jou kleuter nie.  Koop eerste balle, ryg krale, klei en blokke.  Werksboeke is heel laaste op die aankooplysie vir hierdie baie belangrike jare.

 

 

Die wonderwêreld van die kleuter

Kleuters is wonderlike wesens.  Hulle het onuitputbare energie, hulle kreatiwiteit ken geen einde nie en hulle het ‘n wysheid in pag wat baie grootmense na hulle asems laat snak.  Hulle is waaghalsig, slim, vol planne, kreatief, besig, morsig, eerlik … ag, en nog sommer baie ander dinge.

Hierdie spesiale mensies word dikwels hanteer asof hulle klein grootmensies is.  Volwassenes in klein lyfies.  Mamma, dis nie so nie.  Ek is baie lief vir dr Christopher Green se boeke (skrywer van o.a “Toddler Taming”).  Hierin is dit duidelik dat kleuters anders bedraad is as volwassenes.  Hulle is inderdaad nie net ‘n grootmens in ‘n klein lyfie nie!

images (3)Kleuters se moraliteit is nog nie gevorm nie.  Dit beteken dat jy níe op hulle moet staatmaak om “die regte ding” te doen nie.  Natuurlik leer hulle baie vinnig as ‘n spesifieke gedrag lei tot straf, maar hulle kies nie uit hulle eie reg nie.  Dis hoekom hulle vir mamma het!  Mamma is die een wat daardie moraliteit ontwikkel en vaslê, sodat hulle teen laerskool ouderdom hulle eie interne kompas het.

Monkey see monkey do.  Hierdie wonderlike mensies is bobaas na-apers.  Hulle luister nie alte graag na opdragte nie, maar hulle kan jou gedrag perfek naboots.  Ekself het al met skaamte toegekyk hoe my meisiekind met haar sussie raas, presies soos ek met haar raas!  Hande in die heupe, stemtoon, elke ding!  Jy moet inderdaad baie mooi let op jou gedrag.  Hierdie klein apies hou jou fýn dop.

Ek’s ‘n mier en ek is besig ek is baie baie besig.  Altyd aan die gang, ewig nuuskierig, downloadvroetel in alles, en vra 1000 vrae per minuut.  Klink dit soos jou kleuter?  Dit klink beslis soos myne.  Niemand het so baie energie soos ‘n 5 jarige nie!  ‘n Goeie idee is om die energie aan te wend om positiewe uiting te kry.  Soos lekker klim en klouter, buite speel, jaag mekaar, swem, dans ens.

Hou my nog ‘n bietjie vas.  Kleuters kan die wonderlikste drukkies en soentjies gee.  Papnat, vuil mondjie soene.  Hulle liefde is eerlik en opreg.  As hulle vies is vir jou, dan weet jy dit!  Maar as hulle naby jou wil wees, skuif tog die rekenaar en werk opsy en maak tyd vir daardie “cuddles”.  Voor jy jou oë uitvee is hulle groot en rol dan hulle oë as jy wil soen en vashou.

Kleuters herinner ons aan die wonderlike van die lewe.  Álles is ‘n nuwe ervaring, álles is pret!  Geniet jou kleuter.  Geniet die nuwe uitdagings.  Probeer die lewe deur jou kleuter se oë sien.  Hou soms op jaag en kyk saam na die wolke of stop om die snaakse gogga op die plaveisel te beloer.  Hierdie tyd in jou kind se lewe is nie een om af te rammel of aan te jaag nie.  Dis ‘n wonderlike tyd van verhouding bou en saam wees.  Hierdie is die tyd om julle saam-wees en lief-wees te vestig.

download (5)Mamma, haal diep asem.  Kyk verby die vuil huis en die hoop speelgoed.  Jou huis kan altyd later weer mooi blink, maar daardie wonderlike klein bondeltjie energie, gaan net vir ‘n paar jaar ‘n kleuter wees…

Die afsterwe van ‘n geliefde

Lana Theron is ‘n geregistreerde berader en ‘n vriend van Oasis.  Haar eie passie vir kinders (en haar eie kind) straal uit haar optrede.  Hier is haar raad en insigte rondom die trauma wat gepaard gaan met die afsterwe van ‘n geliefde :

Die afsterwe van ‘n geliefde is baie traumaties vir ‘n kind van enige ouderdom. Die tydperk direk na die afsterwe is kritiek en kan bepaal hoe kinders in die toekoms dood hanteer, vir dié rede is dit belangrik dat ouers/geiefdes dit effektief hanteer.

Hier volg ‘n paar wenke oor hoe om emosionele reaksies van kinders te hanteer na ‘n afsterwe:

downloadOm vir ‘n kind te sê dat ‘n geliefde oorlede is, is ‘n baie moeilike taak. Die persoon wat die nuus bekend maak moet die kind se ouderdom en ontwikkelingsvlak in gedagte hou – wees bewus van wat is aanvaarbaar om met die kind te deel. Wanneer die kind vertel word, gebruik verstaanbare woorde, wees eerlik en vertel die kind dat die person dood is, moenie kinders verwar deur te sê die persoon slaap of kuier in die hemel ens nie.  Gee die kind die geleentheid om vrae te vra, antwoord eerlik en ouderdom gepas. Gee net soveel besonderhede soos gevra word.

Terapie is nie gepas DIREK na ‘n kind uitgevind het van ‘n geliefde se afsterwe nie. Net soos grootmense het kinders ‘n tydjie nodig om te verwerk wat gebeur het. Terapie is wel voordelig na ‘n paar dae of na die begrafnis wanneer kinders moet aanpas in hul nuwe “normaal”.

Almal reageer verskillend as hul iemand afstaan aan die dood. ‘n Breë spektrum reaksies is normaal vir kinders, sommige kinders is baie emosioneel en ander wys geen reaksie nie. Maak nie saak wat die reaksie is nie, kinders moet die spasie en tyd gegun word om hul emosies (wat dit ookal mag wees) uit te druk.

Na die afsterwe van ‘n geliefde het kinders die ondersteuning en liefde nodig van familie images (6)en vriende. Die dood kan baie ontstellend wees vir grootmense, maar tot ‘n mate is dit belangrik vir kinders om te sien hoe die rouproses werk in hul kultuur. As die primêre versorgers nie na kinders kan omsien in hierdie tyd nie, moet kinders verkieslik by ander geliefdes wees.

As die oorsaak van die persoon se dood geweldadig was, verseker die kind dat hul veilig is, wees ook versigtig met die hoeveel besonderhede wat gedeel word waar die kind dit kan hoor.

Berei kinders voor vir die begrafnis, hoe alles gaan verloop en wat hul kan verwag. Gee kinders opsies om deel te neem aan verrigtinge, laat hul seker wees van wat hul kan verwag as hul deelneem en ook as hul nie.

Ouer kinders en tieners moet ‘n keuse hê oor hoe hul wil rou en oor watter emosies hul wil uitdruk. Sommige kinders sal wil besig bly om hul aandag af te trek en ander sal verkies om alleen te wees.

Wees bewus van hoe kinders se ouderdom en ontwikkelingsvlak hul ervaring van die dood beïnvloed.  Kinders verstaan eers dat dood permanent is tussen die ouderdomme van 6 en 9.

Jonger kinders se reaksie tot die dood van ‘n geliefde is baie keer meer fisies (bed natmaak, terugslae in spraak, fisiese simptome, optree soos ‘n baba ens). Ouer kinders reageer baie meer emosioneel deur te onttrek, te rebelleer, hulself in gevaar te sit ens.

Om meer af te sluit moet grootmense onthou die dood is traumaties vir kinders van alle ouderdomme. Kinders kort ook vertroosting en versekering van liefde en ondersteuning om hul gerus te stel in tye van hartseer.

FB_IMG_1525345823594

 

Graad R sonder werkskaarte

fyn spiere 3

Fyn motoriese vaardighede is daardie spiere wat maak dat ons mooi kan skryf, knope kan vasmaak en ‘n wasgoedpennetjie kan oop druk.  Dis dan duidelik dat ons hierdie spiere daagliks gebruik en inspan en dat dit nie nét ‘n akademiese foefie is nie.  Hierdie spiere is inderdaad baie belangrik.

Die wonderlike ding van fyn spiere is dat ons groot spiere (ons arms, skouers en selfs rug) saamwerk sodat hierdie fyn spiere perfek kan werk.  Kom ons gaan loer na so paar scenarios waar hierdie spiere aandag kort.

Hier volg so ‘n paar algemene vrae wat ek gereeld hoor :

  1. Jannie skryf verskriklik lelik, maak nie saak hoe baie ek hom laat skryf nie, dit word nie beter nie, hoe maak ek?
  2. Sannie hou nou maar net nie van teken of verf nie.
  3. Pieter hou sy potlood steeds soos ‘n krap vas, ek het nou al etlike “gadgets” probeer, niks werk nie.
  4. Sarie sit soos ‘n skewe paal voor haar papier as sy teken, dit moet baie sleg vir haar rug wees om nie eens van haar oë te praat nie!

download (3)Natuurlik kan elkeen van hierdie probleme ‘n verskeidenheid van oorsake hê, wat weer ‘n hele wêreld van moontlike hulp ontsluit, maar daar is een baie maklike plek om te begin.  Groot motoriese vaardighede.  Vir elke klein spier aktiwiteit om vloeiend te gebeur, moet die regte groot spiere geoefen en vaardig wees.

 

  1. Kom ons gesels eers oor Jannie.  Jannie skryf lelik,dit gaan nie help om aan te hou dít oefen waarmee hy duidelik nie vaardig is nie.  Gee ‘n tree terug en begin by die begin.  Doen monkey bars, klim en klouter, rol, spring tou ens.  Wanneer die groot spiere verseker sterk en geoefen is kan daar na ander oorsake gekyk word.
  2. Sannie. Dis heel moontlik dat Sannie moeg word as sy verf of teken omdat haar spiere eenvoudig nie sterk genoeg is vir volgehoue deelname nie.  Begin deur die groot spiere te oefen, maar doen ook fyn spier oefeninge (nie skryf nie). Baie keer is kinders skrikkerig vir teken of verf as hulle sommer vooraf weet hulle gaan daarmee sukkel.  Begin deur die groot spiere sterk te maak.
  3. Pieter se potloodgreep kan nét verbeter as sy groot spiere sterk genoeg is.  Doen natuurlik saam met dit hope fyn spier oefeninge oop.  Aktiwiteite waar kinders met wasgoedpennetjies moet knyp is baie goed om die spiere te oefen.
  4. ‘n Swak postuur kan veral later in die kind se lewe dit vir hom / haar moeilik maak met seer spiere en skryfspoed wat té stadig is.  Oefen die “core” spiere om hiermee te help.  Sit dalk op ‘n balanseer bal wanneer julle lees en moenie soos ‘n serp jouself oor die stoel drapeer nie.  Enige ander speletjies wat die maagspiere oefen sowel as die rug gaan hiermee help.

Ek hoop dat julle elke kind se situasie met deernis sal benader en die kind se agtergrond Vingertjies wat wikkelen individuele behoeftes in ag sal neem wanneer julle planne beraam.  Níe een plan gaan vir almal werk nie.  Onthou ook dat daar beslis tye is wanneer intervensie deur ‘n kundige of terapeut nodig is, hierdie artikel se doel is nie om daardie intervensie te omseil nie, maar om eerder te help om vinniger by ‘n oplossing uit te kom.

Mag elke ouer opnuut besef hoe belangrik die groot spiere is.  Ons liggaam werk inderdaad soos ‘n fantastiese masjien waar al die dele behoorlik moet werk.

#graadRsonderwerkskaarte

Eet soos ‘n reënboog

Bak en brou 3.png

By Oasis probeer ons aandag gee aan elke aspek van jou en jou kind se lewe.  Ons fokus nie net op onderrig nie, maar op opvoeding en alles wat daarmee saamloop.  In díe gees bied ons dan ‘n gesonde alternatief tot bak-en-brou aan.

DSC_0139Hier is so bietjie agtergrond oor ons aanbiedster.  Carike is ‘n ma van 2 en passievol oor gesond leef en eet.  Sy lei deur haar voorbeeld.  Haar eie kinders kies water bo koeldrank en sê mooi “nee dankie” vir lekkergoed.  Sy MOET ‘n geheim ken.  Eenmaal per maand deel sy hierdie geheime met ons ouers en kinders.

Ons bak en brou oggende het afgeskop in April 2018 met ‘n vervoer tema oggend.  Ons het groen-peper bootjies met tunaslaaivulsel bootjies gemaak en jellie (in die kleure van ‘n robot) geeët.

Wat maak ons oggende uniek?  Alles is glutenvry, suikervry, organies en natuurlik.  Selfs die jellie was self gekleur met spinasie (groen) en gemeng met verskillende sappe (soos litchi) met geen bygevoegde suiker nie.

Hier is ‘n foto van ons eerste geleentheid :

Bak en brou

Op 7 Junie 2018 maak ons weer so.

Hierdie keer het ons ‘n hamburger en melkskommel dag.  Alles gaan weer glutenvry, suikervry en organies wees.  Die kinders gaan ‘n mini-hamburger en groente sosatie maak en melkskommel vir nagereg.

Koste : R80/kind

Plek :  Moot, Pretoria

RSVP : 082-476-8000 of yolandi@oasisclub.co.za

Fokus ouderdom : 2 jaar – 8 jaar

MOENIE DIE PRET MISLOOP NIE!

Slaaptyd in ons huis

Ons huis bestaan uit 5 mense.  Die man van my drome, ek en 3 krose.  Ons is ook ‘n saamgestelde gesin wat die uitdaging nóg groter maak (ek sal later uitbrei hieroor en die dissipline uitdagings wat ons in die gesig staar!) met ouboet en ousus uit my eerste huwelik en kleinsus wat ons gesamentlike poging is.

downloadElke huis het sy kruis en so ook ons huis.  Die een kruis waaroor baie mammas my raad vra is slaaptyd.  Dis nou nie die tyd wat mamma moeg en morsdood op die bed neerval nie, dis nie tyd wat daardie woelige lewendige mensies moet gaan slaap om hulle batterye te herlaai vir ‘n nuwe dag.

Hier moet ek myself eers gou onderbreek en net die volgende van myself bely en erken.  Ek is ‘n grimmige goor mamma as ek nie genoeg geslaap het nie.  Natuurlik doen ek my bes om nie so te wees nie, maar hierdie mamma hou van slaap! Genoeg slaap sodat ek elke dag met maksimum oorgawe en energie aan my kinders en man kan aandag gee.

Ek is dus baie streng met aandroetine en slaaptyd.  Daar is werklik min geleenthede wat images (3)hiermee mag inmeng.  Die wederkoms is beslis ‘n uitsondering, maar dis omtrent al.  Op ‘n ernstiger noot : natuurlik gebeur daar in mens se lewens dinge wat ‘n rigiede roetine eenvoudig nie kan akkommodeer nie, maar hier is my algemene benadering.

  1. Ons ruim saam op.  Vroeg.  Hier vanaf 16h00 is dit opruimtyd.  Almal help.  Ons pak nie net speelgoed weg nie, jy help jou eie skoon wasgoed wegpak. Jou kamer moet netjies wees en jou tas moet gereed gemaak word vir die volgende skooldag.
  2. Na die opruim gaan speel die kinders weer EN pak weer speelgoed uit.  Maar die chaos word eenmaal per dag getem en so bly ons huis oorlogsone vry.
  3. Hier tussen 17h00 en 18h00 eet ons.  Almal saam.  Ons gesels met mekaar en hoor waar elkeen se dag gaan draai het.  Elkeen moet iets sê wat vir hulle lekker was deur die dag en iets wat sleg was.  Ouboet het onlangs nog ‘n afdeling bygesit, iets wat snaaks was.  So giggel giggel eet ons klaar en elkeen dek sy eie borde af.
  4. Ek gaan bad die kroos so net na 18h00 terwyl die liefde van my lewe die skottelgoed was.  My manlief is ‘n wyse man en hy sê gereeld : “Terwyl.”  Dit beteken as ons op dieselfde tyd met verskillende goed besig is, is ons gouer klaar!
  5. Na badtyd is dit bedtyd.  Ek lees storie, ek vryf seer beentjies, blaas hare droog, smeer room, luister na hartseer en snaakse verhale en is 100% tot die kinders se beskikking.  TOT EN MET 19h30.  Dan is mamma klaar.
    Klaar.  Nou is ek ‘n grootmens, met ‘n man wat ook graag aandag wil hê.
  6. Die laaste 2 ure van die dag spandeer ek uitsluitlik aan my man.

images (4).jpg

Hoekom doen ek dit so?

  1. Ek wil hê my kinders moet van die staanspoor leer dat hulle huwelike belangrik is.  Daardie verhouding is kosbaar en moet gekoester word.
  2. My kinders leer dat mamma ook as mens gesien moet word.  Ek het ook tyd vir myself en my eie dinge nodig.  As afgeronde mens word jou lewe met meer as net jou kinders gevul.
  3. Ek gebruik die tyd om my eie batterye te herlaai sodat ek more fris en vars aan al die kinders se vereistes kan voldoen.

Hoe kry ek dit reg?

Aanvanklik was dit moeilik.  Maar so stelselmatig het die kinders die roetine gewoond geraak.  Buitendien slaap hulle gewoonlik lank voor ek met die trappe afloop na ons sitkamer toe.

Soms is daar uitsonderings.  ‘n Siek kind of ‘n kind wat emosioneel meer aandag nodig het, natuurlik bly ek dan langer.

Wat is die voordele?

  • Hierdie mamma sien sommer elke dag opnuut kans vir die dag.  My eie grootmens liefdestenk is volgemaak.
  • My manlief weet dat hy in die aand tyd alleen saam my kry en is sommer verdraagsaam teenoor die kinders se konstante aandag soek.  Hy weet hy kry sy eie aandag!  Mamma, jy moet onthou dat jou man konstant kompeteer vir jou aandag. Moenie dat die kinders altyd wen nie.
  • Die kinders slaap genoeg. Hulle gaan slaap vroeg genoeg dat hulle ‘n goeie nagrus kry.
  • Die kinders raak op ‘n vriendelike en liefdevolle wyse gewoond aan goeie grense en word bewus gemaak dat ander mense ook behoeftes het.

Gaan dit in jou huis werk?

Ek het geen idee nie!  Hierdie is wat in ons huis gewerk het!  Julle huis is uniek, julle kinders is uniek, julle benadering tot julle kinders is uniek.  Hierdie is mý benadering en dit werk vir ons.

images (5).jpg

Deel gerus met ons wat in julle huis werk!

Die nuwe jaar is hier! – deur Nolene Rust

So, die jaar 2018 lê voor jou soos die berg wasgoed van die vakansie…soveel nuwe geleenthede, uitdagings en aanpassings.  Ek weet nie hoe jy as volwassene van verandering hou nie, maar jong kindertjies is nie gewoonlik “fans” nie!  Ons is neurologies geprogrammeer om te soek vir dieselfde…mense, dinge, roetine want saam met dit kodownload (5)m n standvastige gevoel wat veiligheid en sekuriteit in ons harte innooi.  En daarvan hou ons lyfies baie.  Dit maak dat ons optimaal kan ontwikkel en nuwe inligting kan inwin en ook nuwe neuronbane bou.

Maar ongelukkig . en gelukkig, is die enigste konstante in die lewe verandering. So, saam met die nuwe jaar gaan jy en jou klientjie gekonfronteer word met n nuwe juffrou, nuwe verwagtinge, nuwe sport, nuwe klaskamer of nuwe roetines en vriende, en terwyl sekere gedrewe persoonlikheidjies dit uitsoek en floreer onder die uitdaging wat nuwe dinge bring, is daar ook die van ons wat ons oe uit ons kop wil huil omdat ons nie gerus of veilig voel om te deal met die onbekende nie.  Part van ons sal terug trek en weier om te skei, ander sal “ongehoorsaam” raak en opnuut grense probeer toets en skuif, en ander sal deur middel van manipulasie kommunikeer dat hulle regitg nie te dik van die lag is dat die lekker vakansie verby is en dat daar klomp nuwe onsekerhede op hulle wag nie.  Hier is n paar idees oor hoe om dit vir jou as ouer en vir jou kleintjie bietjie makliker te maak:

 

  • Hou gouer ‘n roetine weer in plek gestel word, hoe beter!  Genoeg slaap is ook ‘n moet!
  • Berei jou kind genoegsaam voor op die nuwe wat wag- praat daaroor, lees daaroor, wys prentjies daaroor
  • Stel jouself betyds op vir sukses, bv. koop betyds die nodige aan en betrek jou kind daarby. Laaste minuut se rondjaag jaag ongelukkig net almal se bloeddruk op
  • Hanteer jou eie gevoelens teenoor die nuwe en die onbekende weg van jou kind, want jou emosies het verseker ‘n effek op jou kind sin
  • Kommunikeer aan jou kind dat jy deur al die nuwe dinge daar gaan wees vir hom en ook dat jy in hom glo en weet dat hy sterk genoeg is om al die nuwe onbekende dinge sal kan hanteer
  • Moedig onafhanklikheid aan terwyl jy hom verseker van jou teenwoordigheid en ondersteuning in die agtergrond
  • Wees ‘n veilige, aanvaardende plek vir jou kleintjie se emosies;  moenie dit evalueer of probeer regmaak of verander nie.  Wees ook versigtig om dit uit verband te ruk en daardeur vir jou kleintjie te wys dat sy emosies vir jou as volwassene ook te groot is
  • Hou jou boodskappe oor verandering, skool, roetine, nuwe maats, nuwe uitdagings positief

 

So, voordat jy daardie wasgoed aanpak, maak vir jou n koppie tee en spandeer bietjie tyd met jouself en jou gedagtes oor verandering en hoe jy daaroor voel.  Kry dan jou aksie plan in plek, en moenie vergeet om deur dit alles steeds jou kind te geniet en pret te he nie!

Nolene logo